Water is goud werd

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Water is kosbaar vir jou boerdery. Kies nou die regte oplossing vir waterstoring!

Om water te beperk, beteken die beperking van die landbou- en boerdery-ondernemings se prestasie. “Die benutting van water en die voorsiening van genoegsame water aan boere op hul plase vir landboudoeleindes, vee en besproeiing lê ons na aan die hart. Ons is toegewyd aan ons kliënte om die beste diens te verskaf en die beste moontlike oplossing te bied uit ons wye verskeidenheid betondamme en staaltenks,” sê Ronald van Lochem, hoof uitvoerende beampte van Aquadam.

Die bekwame span beskik oor meer as 65 jaar se ondervinding in die ontwerp en vervaardiging van wateropbergingstrukture.
“Ons fokus op top kwaliteit damme, tenks en groot reservoirs wat met ons uitstekende pryse, bekostigbaar is,”  sê Ronald.  “Aquadam is een van die min maatskappye in Suid-Afrika wat so ‘n groot verskeidenheid staaltenks en betondamme ontwerp en vervaardig. Dit maak dit vir ons moontlik om die regte advies met die perfekte oplossing aan ons kliënte te bied. ‘n Pluspunt is ons wye verskeidenheid van produkte, want by Aquadam voorsien ons tenks in enige moontlike grootte. Dit sluit ons staaltenks in, waarvan die gewildste groottes verhandel onder die Smart Tank Express-naam. Hierdie tenks is nou landwyd by alle koöperasies verkrygbaar.”

Alle produkte word doelgerig ontwerp en plaaslik vervaardig. Lang wagperiodes, dikwels ‘n frustrasie met ingevoerde produkte, word uitgesluit.  Plaaslik vervaardigde parte soos voerings, inlaat- en uitlaatpype is ook onmiddellik beskikbaar vir die herstel van damme. Net so gerieflik; alle materiale vir betondamme (bv. sand, sement, staal) word ook plaaslik verkry.  Aquadam glo dat plaaslike verkryging, ontwerp en produksie voordelig is vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en volhoubaarheid bevorder.

Kontak Aquadam vandag nog en groei jou landbou, boerdery en omset met volgehoue watervoorsiening, want vir Aquadam is water goud werd net soos jou onderneming vir jou is!

Soek ons op in die Veeplaas tydskrif uitgawe van Oktober 2015.

Klink hier om die artikel aftelaai.

 

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.
Previous Article: «
Next Article: »